Daily Archives: 21 July 2024

ATKV

Die voorsitter van die BD’s se ATKV-Byekorftak, Suzanne Pretorius (gr 11), is tans in Buffelspoort (Pretoria) vir die Algemene Jaarvergadering van hierdie landswye kultuurorganisasie. Ongeveer 380 persone woon dit by. Hulle het die voorreg om werkswinkels en leierskapsessies by te woon om strategiese beplanning vir die ATKV te doen en sake van belang vir die […]

HOKKIE

Caleb Witbooi het die Boland o.14 A-span vanaf 14-19 Junie by die Interprovinsiale Toernooi in Johannesburg verteenwoordig. Tydens hulle wedstryd teen Oos-Gauteng, is hy as die speler van die wedstryd aangewys. Darren Temmers, Dirk Uys en Markus van der Walt het die Overberg Foxes vanaf 14-16 Junie by die Boland-streekstoernooi in die Paarl by Hoërskool […]

STELLENBOSCH KAMERMUSIEK FEES

Ons is baie trots op Helena Kriel in gr12, wat gekies is om deel te wees van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, wat talentvolle jong SA musikante die geleentheid bied om te studeer, op te tree en geïnspireer word deur kamermusiek op ‘n internasionaal en erkende professionele standaard. Ongeveer 240 nasionale en internasionale deelnemers tussen 12 […]