WES-KAAP MUSEUM REDENAARSKOMPETISIE

Die blootstelling om voor ‘n gehoor op te tree en jou standpunt te stel, is van onskatbare waarde. ‘n Vaardigheid wat jy altyd in die toekoms gaan benodig, ongeag jou beroep. Juis daarom is ons baie trots op Sanmari Rossouw (1e), Willem Strauss(4e) en William Swartbooi (3e) wat goed gevaar het by die eerste rondte van die jaarlikse Wes- Kaap Museum Redenaarskompetisie op 11 Julie by die Skeepswrakmuseum. Nie eers die onstuimige weerstoestande kon hierdie gr11- BD’s keer om deel te neem nie. Ons hou duimvas vir die semi-fnale wat op 29 Augustus in Caledon plaasvind. Op die foto verskyn hulle saam met me Liezel van Schalkwyk,skakelonderwyser.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *