Daily Archives: 8 September 2024

SAN-MARI ROSSOUW DANS MEDALJE LOS

Baie geluk aan San-Mari Rossouw (gr 11) wat ‘n uitstekende 95% behaal het vir haar Acrobatic Solo by die RATEM-Eisteddfod in Riversdal. Hiermee is dié uitstekende BD-danser as die medaljewenner in die Acrobatic-kategorie van die dansafdeling aangewys. Sy is lid van die MadFun dansstudio van me Simóne Rossouw. Ons is trots op hierdie puik prestasie.

OPENING OF BREDASDORP HIGH SCHOOL’S NETBALL- AND TENNIS COURTS

Saterdag was die amptelike opening van ons netbal- en tennisbane. Baie dankie aan mnr Antonie du Toit vir al sy harde werk, kundigheid en raakvat. Ons wil ook dankie sê aan die HSB ondersteunersklub, mnr Jaco Bredell en mnr Callie van der Merwe vir hul donasies vir die plaveisel. Die dag is afgesluit met ‘n […]

BD-KULTUURKATTE, ONS TROTS BY RATEM-EISTEDDFOD

Die sewe BD-kultuurkatte wat onlangs tussen hulle 1 brons, 4 silwer, 11 goue en 6 cum laudes in die Spraak en Drama-afdeling van die RATEM Eisteddfod in Riversdal ingepalm het, het HSB verder trots gemaak. Malienke van Wyk het die medalje vir die hoogste persentasie in die English Poems-afdeling (94%) gewen. Reese Louw was die […]