BD-REDENAARS

William Swartbooi en San-Mari Rossouw, beide gr 11, het aan die tweede rondte van die Overberg Streeksmuseumredenaarskompetisie deelgeneem. Tydens hierdie deftige geleentheid by die Caledon Casino het vyftien gr 10 tot 11-leerders meegeding om hulle plekke in die volgende rondte te verseker. Die sprekers het met kreatiewe, innoverende voorstelle vorendag gekom om museums meer toeganklik te maak vir almal. Spesiale klem is ook gelê op die noodsaaklike taak wat elke SA landsburger het om hul erfenis te bewaar. Slegs gr 10 tot 11-leerders wat English Additional Language neem, mag deelneem. Die twee BD’s het die bederf van formele geleentheid baie geniet en hul goed van hul taak gekwyt. Foto: William Swartbooi, Me Liezel van Schalkwyk (skakelopvoeder) en San-Mari Rossouw

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *