Monthly Archives: September 2024

OPENING OF BREDASDORP HIGH SCHOOL’S NETBALL- AND TENNIS COURTS

Saterdag was die amptelike opening van ons netbal- en tennisbane. Baie dankie aan mnr Antonie du Toit vir al sy harde werk, kundigheid en raakvat. Ons wil ook dankie sê aan die HSB ondersteunersklub, mnr Jaco Bredell en mnr Callie van der Merwe vir hul donasies vir die plaveisel. Die dag is afgesluit met ‘n […]

BD-KULTUURKATTE, ONS TROTS BY RATEM-EISTEDDFOD

Die sewe BD-kultuurkatte wat onlangs tussen hulle 1 brons, 4 silwer, 11 goue en 6 cum laudes in die Spraak en Drama-afdeling van die RATEM Eisteddfod in Riversdal ingepalm het, het HSB verder trots gemaak. Malienke van Wyk het die medalje vir die hoogste persentasie in die English Poems-afdeling (94%) gewen. Reese Louw was die […]

NOG ‘N SPRINGBOK VIR HSB

Die BD’s is besonder trots op Julia de Kock (matriek 2015) wat gekies is vir die Springbok Endurance Riding/Uithourit-span. Hierdie ervare perderuiter het onlangs in Swakopmund in Namibië deelgeneem as lid van die Protea Standaard Gewigspan. Hulle is nie net as die algehele wenners van die spankompetisie gekroon nie, maar Julia het ook algeheel vierde […]

BD-REDENAARS

William Swartbooi en San-Mari Rossouw, beide gr 11, het aan die tweede rondte van die Overberg Streeksmuseumredenaarskompetisie deelgeneem. Tydens hierdie deftige geleentheid by die Caledon Casino het vyftien gr 10 tot 11-leerders meegeding om hulle plekke in die volgende rondte te verseker. Die sprekers het met kreatiewe, innoverende voorstelle vorendag gekom om museums meer toeganklik […]