Baie dankie aan elkeen wat die HSB Familie-Duinedag bygewoon het. Elkeen teenwoordig het die dag baie geniet en sien uit daarna om dit volgende jaar weer te doen. Mnr Hannes van der Merwe van VANVENTURES SA het die roete uitgewerk en verskeie VANVENTURES-pryse aan deelnemers oorhandig.
Ons wil graag die volgende persone en instansies bedank:
Die hoofborg van die dag: VANVENTURES SA (Hannes van der Merwe)
Die organiseerder: Vasie de Wet
Starsigns (plakkers)
Antoinette Events (hout)
NSRI (bystand)
André Swart vir beskikbaarstel van Renosterkop Duine