2024 se NSS-eksamen het vandag uiteindelik tot ‘n einde gekom. Die eindeksamen het op 21 Oktober begin en ons matrikulante het op 25 November amptelik hulle skoolloopbaan voltooi met die aflê van Afrikaans Vraestel 2 (Voorgeskrewe). Groot was die oomblik toe hulle buite die saal deur hulle ouers en voogde ingewag is. Inderdaad ‘n lekker verrassing, waar vreugde en trane gemeng het om dié groot mylpaal in hulle lewens te vier. Mooi loop, matriekklas van 2024.
Die NSS-uitslae word op 16 Januarie 2025 bekendgemaak.