COLOUR RUN NETBAL FONDSINSAMELING

Februarie is al vir die BD-familie sinoniem met die jaarlikse Colour Run en 2025 was geen uitsondering nie. Voorwaar’n kleurryke geleentheid vir oud en jonk – leerders, ouers en vriende – om sommer net sorgeloos te lag, te stap, te hardloop en mekaar te geniet. Die deelnemers het mekaar weereens behoorlik met poeierverf getakel. Die bont resultaat was ‘n bewys dat die Bredasdorp-gemeenskap wéét hoe om gesellig saam te kuier. Sonder ondersteuning is so ‘n geleentheid natuurlik onmoontlik. Baie dankie aan Paintsmiths Bredasdorp, vir julle ruimhartige ondersteuning. Dit word beslis waardeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *