Uncategorised
BD DOGTERSKRIEKET KLOP HOËRSKOOL HERMANUS
Hoërskool Bredasdorp se o.19-dogterskrieketspan het op 18 Februarie vir Hoërskool Hermanus oortuigend met 4 paaltjies gewen.
Hermanus het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het 71/10 lopies in 18.5 beurte aangeteken. Die Beste BD-boulers was: LZ du Toit, 3/20 (4) en Junicke Newman (2/4 (4).
Tydens die BD’s se kolfbeurt, kon hulle daarin slaag om 72/6 (15.1) lopies aan te teken.
Die top BD-kolwers was: Junicke Newman en Chandré Abrahams.
Dit was ‘n aanskoulike wedstryd en ‘n welverdiende wen waarop ons baie trots is.

