Aspirant gr 8’s het op 17 Februarie die geleentheid gehad om ‘n voorsmakie te kry van wat dit behels om ‘n hoërskoolleerder te wees. Hierdie voornemende gr 8’s van 2026, het entoesiasties deelgeneem aan die aktiwiteite en speletjies wat tydens die jaarlikse gr 7 Ope-aand aangebied is. Hul het veral die kompetisie tussen die onderskeie groepe onderling, baie geniet. Die Matriekraad kon uit die staanpoor sien dat hierdie groepie nie vir ‘n uitdaging stuit nie. Kies reg, kies Hoërskool Bredasdorp. Ons glo dat julle vanaf 2026 mooi voetspore in ons gemeenskap sal trap.
Gr 6 and 7 learners and their parents from surrounding schools in the area were introduced to the school and all it has to offer by Mr Retief in the school hall, after which the learners go to know the school better through a variety of fun activities throughout the school grounds. We hope that the parents and learners enjoyed getting to know the school better. We can’t wait for you to join the BD family.