Ons is baie dankbaar vir die Rola-groep se betrokkenheid by ons skool se netbal. Mnr Thinus Engelbrecht en Stefan Geldenhuys van die Rola-groep het op 19 Maart tydens ‘n klere-oorhandigingseremonie die 0.19A-netbalklere aan die span oorhandig.
Die 0.19A- Rolagroep netbalspan het Woensdag tydens hul “capping” seremonie hulle pragtige nuwe netbalklere in ontvangs geneem. Danksy die borgskap van die Rola-groep, is dié dogters gemotiveerd om die nuwe seisoen met entoesiasme aan te pak. Die betrokkenheid van die gemeenskap by Hoërskool Bredasdorp, verseker dat ons spelers talle geleethede gebied word en blootstelling op baie terreine geniet. Die 2025 kapteine is ook tydens die mooi geleentheid aangewys. Baie geluk aan Junike Newman, kaptein, en Mieke Saayman, onderkaptein.