KRIEKET

Die seuns o/19 krieketspan het vandag, 6 Februarie, die hitte trotseer en teen Curro Hermanus gespeel. Die BD’s is ingestuur om eerste te kolf en teken 153 lopies vir 7 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Kiethon Arries teken 39 lopies aan. Curro teken toe 89-9 in hul 20 boulbeurte aan. Kiethon Arries neem 3 paaltjies vir 10 lopies in sy 4 boulbeurte en Daymon Klink neem 3 paaltjies vir 12 lopies in sy 3 boulbeurte. Die BD’s wen met 64 lopies! Baie geluk, manne.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *