“Dripping in diamonds” was beslis ‘n gepaste tema vir Mnr en Mej HSB 2024! Die BD’s het behoorlik geskitter.
‘n Stylvolle aand waar daar gesellig saamgekuier is rondom keurige gedekte tafels. Die 17 deelnemers op die loopplank elkeen unieke individue geseën met besondere talente. Die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om uiteindelik die onderskeie wenners uit dié BD’s te kies.
Baie geluk aan Ryan Wright en San-Mari Rossouw, Mnr en Mej HSB 2024! Welgedaan aan mee Anneri Slabbert en Marelise Nelson, organiseerders, vir ‘n puik aand!
Die res van die uitslae is as volg:
Mnr HSB – Ryan Wright
Mej HSB – San-Mari Rossouw
1ste prins – Leano Palmer
1ste prinses – Mieke Saayman
2de prins – Lohan Olkers
2de prinses – Minke Terblanche
Mnr Bene – Ryan Wright
Mej Bene – Mieke Saayman
Mnr Fotogenies – Gareth Eyles
Mej Fotogenies – Minke Terblanche
Mnr Persoonlikheid – Leano Palmer
Mej Persoonlikheid – San-Mari Rossouw
Crowd favourites:
Mnr – JP Casteling
Mej – Minke Terblanche
Baie dankie aan Sonja van Zyl Photography vir die pragtige foto’s!