Caleb Witbooi het die Boland o.14 A-span vanaf 14-19 Junie by die Interprovinsiale Toernooi in Johannesburg verteenwoordig. Tydens hulle wedstryd teen Oos-Gauteng, is hy as die speler van die wedstryd aangewys.
Darren Temmers, Dirk Uys en Markus van der Walt het die Overberg Foxes vanaf 14-16 Junie by die Boland-streekstoernooi in die Paarl by Hoërskool La Rochelle, verteenwoordig. Dirk Uys is ook verkies as die onderkaptein van die span.
Farrah Witbooi het die Boland o.14 B-meisiespan vanaf 19-22 Junie by die Streekstoernooi, by Paarl Gimnasium, verteenwoordig. Me Prins was die afrigter van hierdie span.
HSB is baie trots op al hierdie hokkiespelers.