17 Februarie 2025 om 18:00
Author Archives: Estelle Genis
Yesterday was a special day for the BD family. The grade 8 learners saw the end of their welcoming period and officially joined the BD family. They performed their grade 8 dance, added their bee to a hive, got to put on their school blazers for the first time and sang the school song -not […]
15 Februarie 2025
Ons is baie trots op hierdie groep leerders wat Saterdag, 18 Januarie, aan Boland se onderwaterhokkieproewe in Somerset-Wes deelgeneem het. Al die leerders het hul harte uitgespeel en die dag positief en vol energie aangepak. Nou is dit net asemophou vir die uitslae!
Die o.19-krieketspan het op Saterdag, 18 Januarie, in Moorreesburg teen Hoërskool Dirkie Uys kragte gemeet. BD’s het die loot gewen en Dirkie Uys ingestuur om te kolf. Bredasdorp haal die opponente vir 138 lopies uit met Rickus Badenhorst wat 5 paaltjies neem en slegs 29 lopies in sy 7.2 boulbeurte afstaan. BD’s het hulle kolfbeurt […]
Die BD’s se A en B-gholfspanne het op 20 Januarie in Robertson in die Noord/Suid-Boland ligabyeenkoms teen Worcester Gimnasium, HS Hermanus, HS Robertson, HS Montagu, HS Swellendam en HS Charlie Hofmeyr, gespeel. Bredasdorp se punte is aangeteken deur Edmund O’Ehley (19), Kevin Goliath (17), Alexander Janse van Rensburg (14), Matthew Brooks (15), Zander Niemand (10), […]
Ons briljantjies dans lekker saam met die matriekraad. So skep ons herinneringe en los VOETSPORE…
Dis net die begin…
Ons bars nog steeds van trots oor ons puik matriekuitslae. Baie dankie aan elke matriekleerder van 2024 vir julle harde werk en toewyding. Julle los diep VOETSPORE. Ons is trots op elkeen van julle. Baie sterkte met julle pad vorentoe.








