Ons nooi graag ons ouers, ondersteuners, leerders en belangstellendes uit na hierdie spesiale geleentheid.
Category Archives: Uncategorised
Reese Louw (gr 10) en Daniël Fourie (gr 9 het HSB se naam hoog gehou by die Heidelberg Eisteddfod. Hierdie twee talentvolle BD’s het hul entoesiasme vir kultuur bewys deur hul pragtige uitslae. Reese het 2 cum laudes, 1 goud+ en 1 goud ontvang. Daniël het weggestap met 2 cum laudes Veels geluk!
Baie geluk aan San-Mari Rossouw (gr 11) wat ‘n uitstekende 95% behaal het vir haar Acrobatic Solo by die RATEM-Eisteddfod in Riversdal. Hiermee is dié uitstekende BD-danser as die medaljewenner in die Acrobatic-kategorie van die dansafdeling aangewys. Sy is lid van die MadFun dansstudio van me Simóne Rossouw. Ons is trots op hierdie puik prestasie.
Support our Golf Day!
Saterdag was die amptelike opening van ons netbal- en tennisbane. Baie dankie aan mnr Antonie du Toit vir al sy harde werk, kundigheid en raakvat. Ons wil ook dankie sê aan die HSB ondersteunersklub, mnr Jaco Bredell en mnr Callie van der Merwe vir hul donasies vir die plaveisel. Die dag is afgesluit met ‘n […]
Kom ondersteun bietjie ons BD Fast 5 netbalspanne.
Die sewe BD-kultuurkatte wat onlangs tussen hulle 1 brons, 4 silwer, 11 goue en 6 cum laudes in die Spraak en Drama-afdeling van die RATEM Eisteddfod in Riversdal ingepalm het, het HSB verder trots gemaak. Malienke van Wyk het die medalje vir die hoogste persentasie in die English Poems-afdeling (94%) gewen. Reese Louw was die […]
HSB bedank hul borge
Saterdag, 24 Augustus was ‘n fees vir die matrieks van 2014 toe hulle heerlik saam met hul oud-onnies by die skool koek en tee geniet en mekaar weer van vooraf leer ken het. Tannie Mariana Wessels (soos sy welbekend is onder die BD’s) het die oud-BD’s in die geboue en op die terrein rondgewys sodat […]
Die BD’s is besonder trots op Julia de Kock (matriek 2015) wat gekies is vir die Springbok Endurance Riding/Uithourit-span. Hierdie ervare perderuiter het onlangs in Swakopmund in Namibië deelgeneem as lid van die Protea Standaard Gewigspan. Hulle is nie net as die algehele wenners van die spankompetisie gekroon nie, maar Julia het ook algeheel vierde […]









