ATKV TOOR MET WOORDE-slagspreuk kompetisie

Die ATKV Suidpunt-tak het onlangs ‘n kompetisie geloods om ‘n liefde vir Afrikaans te bevorder. Die leerders en onnies moes met kreatiewe slagspreuke vorendag kom wat as bufferplakkers gebruik sal word. Die BD’s was beslis vindingryk en kreatief en het fluks deelgeneem. Op die foto verskyn agter vlnr: Nico Loubser (ATKV Suidpunt), Elize Fortuin (ATKV Wes-Kaap streeksbestuurder: takke), Larissa Lombard: Beste onderwyserinskrywing van HSB – Vir my is AFRIKAANS bakgat, Rolene Roux (voorsitter ATKV Suidpunt), Riana Nolte (BD’s ATKV Kultuurkorf Jeugtak) en Jan Greyling (ATKV Suidpunt projekkoördineerder) Voor vlnr: Prosper Kaitano: 3de plek – Vir my is AFRIKAANS my tuiste, Minke Terblanche: 1ste plek – Vir my is AFRIKAANS hart en huis, Anisha Jacobs: 3de plek – Vir my is AFRIKAANS…hoeka-toeka ja-ja en pampoene oppie dak en Patrick Plaatjies: erkenning vir oorspronklikheid en taalgebruik – Vir my is Afrikaans my brood en konfyt. Baie geluk!

Leave a Reply

Your email address will not be published.