KRINGE IN ‘N BOS – Dag 1

Een van die tradisies waarna elke BD uitsien, is die jaarlikse Kringe in ‘n Bos-toer. Vanjaar is natuurlik geen uitsondering nie. Hoewel Covid die gr11’s in 2021 ‘n streep getrek het, is hul toer uitgestel na 2022. Hul het dus nou die heerlike voorreg om as ‘n matriekgroep vanaf 6 tot 8 Februarie Knysna en omgewing te verken. Dag 1 het afgeskop met ontbyt in Heidelberg, middagete in Knysna en ‘n besoek aan Birds of Eden, Monkeyland en Jukani (wildekatpark). Na ‘n lekker swem in ‘n snikhete Knysna, sluit hul die dag af met ‘n worsbraai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *