KRINGE IN ‘N BOS – Dag 2

Dag 2 het afgeskop met ‘n staproete vanaf Krisjan se Nek, die geboorteplek van Saul Barnard. Onder leiding van ‘n bekwame gids kon die BD’s die wonderwêreld van die bos eerstehands ervaar. Daar is lekker piekniek gehou, waarna hul die Wolf Sanctuary besoek en meer oor die misterie van hierdie diere kon leer. Om kennis te maak met die bosreuse by die Elephant Park, was beslis ‘n hoogtepunt. Die bedrywige dag is afgesluit met ‘n eie by die Look Out Restaurant in Plettenbergbaai. Die matrieks het hul deftig uitgevat en hul gate uit geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published.