Uncategorised
ATKV Suidpunt se Toor met Woorde-bufferplakkerkompetisie
Minke Terblanche, gr. 9, en ‘n leerder van Albert Myburgh Senior Sekondêr (Elicia Moos), was die wenners van die ATKV Suidpunt se Toor met Woorde-bufferplakkerkompetisie met haar slagspreuk: “Vir my is Afrikaans hart en huis”. Mnr Martin Swart, ‘n plaaslike beroepspottebakker, het elke wenner se slagspreuk op ‘n kleimuurbord, wat hy uit plaaslike klei gemaak het, verpersoonlik deur elke wenner se slagspreuk op haar bord aan te bring.
Me. Elize Fortuin, streekbestuurder van die ATKV Wes-Kaap het die borde aan die wenners kom oorhandig.
Bufferplakkers van Minke se wenslagspreuk kan teen R10 elk by die skool gekoop word. Kontak gerus vir juf. Nolte.
Leerders en ouers/persone wat in skeppende kuns belangstel en graag as pottebakkers opgelei wil word, is welkom om mnr. Swart te kontak by 072 409 1766.
Op die foto v.l.n.r.: Me. Elize Fortuin, Minke Terblanche, mnr. Martin Swart, mnr. Muller Retief (skoolhoof) en me. Rolene Roux van die plaaslike ATKV-tak.