Baie geluk aan twee van ons rugbyspelers, Devan Craig en Zach Jooste wat opgeneem is in die Suid-Bolandspan. Die twee manne is werklik Hilux tough! Hulle neem die 21ste Mei deel aan die Bolandproewe op Saldanha. Baie sterkte manne! Ons is trots op julle! #BDtrots #RolaToyotaBredasdorp
Daily Archives: 7 May 2022
Bykans 80 oud-BD’s wat tussen 1963 en 1974 gematrikuleer het, het die afgelope langnaweek reünie gehou. Hul was aangenaam verras met al die verandering wat by hul alma mater aangebring is. Hul was ook baie beïndruk met die Triomfmuur waar nuwelinge in graad 8 die klok vir die eerste keer kan lui en ook later […]
Baie geluk aan Lakeasha Mc Dillon en Amanda Gouws, beide gr 11, wat tot die VRL verkies is nadat daar twee vakatures ontstaan het! Ons glo dat hierdie belangrike taak nie net vir hulle ‘n eer sal wees nie, maar dat dit ook vir hul ‘n leerskool sal wees. Baie sterkte aan julle albei.
Die jaarlikse loopbaanuitstalling het vanoggend by HSB plaasgevind. Leerders het die geleentheid gehad om inligting oor verskeie instansies en kursusse in te vorder. Instansies soos W.P Rugby Instituut, UWK, CPUT, Universiteit van Stellenbosch, Cape Audio College, UNISA en Isa Carstens het ons skool besoek.
Baie geluk aan John Dunn wat saam met mnr. Terblanche aan die WB Outdoor bergfietswedren, op Hermanus, deelgeneem het. John het veral sy staal gewys in die klimme en het die tegniese uitdagings baie geniet.
Dit was heerlik om weer op ons tuisveld te kan sport speel. Dankie aan elke BD vir hul veggees en aan elke ondersteuner wat langs die veld en baan was. Geluk aan elke span wat ‘n oorwinning behaal het!
Hoërskool Bredasdorp is baie trots op die sestien netbalspelers wat deurgedring het na die 1ste rondte van die Wes-Kaap Netbalproewe wat op 7 Mei, in Hermanus, gespeel word. Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie uitmuntende prestasie! OP FOTO Agter v.l.n.r.: Kiara Stevens (0.14), Faith Bogenhagen (0.18), Adéle Venter (0.18), Elmarie Vermeulen (0.18), […]
- 1
- 2









