REÜNIE 1963-1974

Bykans 80 oud-BD’s wat tussen 1963 en 1974 gematrikuleer het, het die afgelope langnaweek reünie gehou. Hul was aangenaam verras met al die verandering wat by hul alma mater aangebring is. Hul was ook baie beïndruk met die Triomfmuur waar nuwelinge in graad 8 die klok vir die eerste keer kan lui en ook later weer in matriek as hul hoërskoolloopbaan voltooi is. Francois Potgieter (hoofseun 1969) en Thys Meyers (hoofseun 1970) het reeds voor die Covid-pandemie entoesiasties begin reël aan die groot geleentheid. Nadat hulle dit telkens moes uitstel, was die opgewondenheid groot toe hul uiteindelik Vrydagaand saam ‘n funskie in die skoolsaal kon geniet. ‘n Vertoning is selfs deur twee oudleerders gelewer. Tydens ‘n volledige skooltoer Saterdagoggend, waar die opwinding om veral weer in klaskamer 6, op die boonste verdieping in die hoek in mnr. Eps Joubert se destydse klas, te kon sit groot was, is baie herinneringe gedeel. Daarna is die nuutgeboude Triomfmuur ingewy en het die groep die aand weer heerlik saamgekuier. Die nostalgiese naweek is Sondagoggend gepas afgesluit met ‘n kerkdiens. Wat ‘n voorreg om weer so met hartsmense staaltjies te kon deel.

Leave a Reply

Your email address will not be published.