Matriekraad en VRL van 2023

Die matriekraad en VRL van 2023 het hierdie week hul jaarlikse leierskapopleiding gehad. Mnr Henry Pratt het die leerders bietjie uit hul gemaksones gekry en geleer dat vertroue ‘n belangrike deel van enige suksesvolle groep is. Drome vir die jaar is onder die leerders gedeel. Daar is ook baie gelag en ‘n vrees of twee oorkom. Dankie aan Juf. Slabbert en Juf. Genis wat die dag saam met die groep spandeer het en ook self deelgeneem het. Sterkte met julle termyn!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *