Daily Archives: 24 October 2022
Die afgelope naweek het die Harcourts o/16 T4J-Dubbelstoernooi plaasgevind. HSB se span het sesde uit tien skole geëindig. Hul beste prestasies was: Wen HS Parel Vallei 5-4 Wen HS Strand 6-3 Wen HS Stellenbosch 5-4, maar verloor ongelukkig in punte Verloor teen HS DF Malan (die toernooiwenner) 3-6 Welgedaan aan hierdie tennisspelers!
HSB is baie dankbaar vir borge soos Harcourts Cape Agulhas se getroue ondersteuning! Thank you!
Curro kolf eerste en die gesamentlike boulkrag van HSB se boulaanval beperk Curro tot 93-5 in hul 20 boulbeurte. Bredasdorp kolf tweede en rammel die 93 lopies in die 16de boulbeurt af. Zandré le Sueur: 25* lopies van 9 balle Sylvain Arends: 15 van 31 balle André bothma: 13* van 19 balle BD eindig op […]
Amy Davids en Amanda Gouws, albei graad 11, het Vrydag aan die Skeepswrakmuseum se toespraakkompetisie wat dié jaar in Bredasdorp by Antoinette events gehou is, deelgeneem. Hulle het Kaap Agulhas verteenwoordig en vir die eerste keer sedert die begin van die kompetisie het Kaap Agulhas met die beker weggestap! Dit is te danke aan Amanda […]
My SPAR se hart is op die regte plek! Hul skenking vir die Harcourts o/16 T4J-Dubbelstoernooi word opreg waardeer. Dankie dat julle so mooi na die BD’s omsien.
Amanda Gouws en Amy Davids, albei graad 11, neem Vrydag aan die Skeepswrakmuseum se geskiedkundige Redenaarskompetisie deel. Redenaars van regoor die Overberg neem deel en die wenner word as die top redenaar in die kontrei gekroon. Baie sterkte aan hierdie twee dames! Mag julle die beoordelaars met jul woorde toor.
Anna Pretorius, Janco Fourie en Elza de Kock het Saterdag aan die 2de Boland ligabyeenkoms van die seisoen deelgeneem. Dit het by Hoërskool Worcester Gimnasium plaasgevind. Janco behaal ‘n tweede plek, Elza ‘n derde plek en Anna ‘n vierde plek. Baie geluk aan hierdie drie leerders!
- 1
- 2










