MMR MARLON OLIVIER VERLAAT HSB

Na Meneer Marlon 10 jaar deel van die BD-familie was, gaan hy sy vlerke sprei. Meneer Marlon is ook ‘n oudskolier van HSB. Sy avontuur gaan by Struisbaai Primêr voort waar hy Afrikaans en Skeppende Kunste gaan aanbied. Sy buitemuurs is dans, atletiek, sang en drama, so reg in sy kraal. Meneer Marlon laat ‘n groot leemte by HSB agter, maar ons gun hom hierdie nuwe lewensfase. Dankie vir al die moeite wat Meneer in elke dansoefening, LO-les en interskole-oefening ingesit het. Dankie dat Meneer se deur altyd vir elke leerder oopgestaan het. Ons hoop om Meneer by volgende jaar se interskole te sien. Mag goedheid, guns en gesondheid Meneer vergesel. Totsiens, Meneer Marlon.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *