MNR WILLIE STOMAN TREE AF

Meneer Stoman het in 2004 by die BD-familie aangesluit en dadelik ‘n groot impak op die leerders en personeel gemaak. Dankie vir Meneer se omgee, saggeaardheid en dankie dat Meneer altyd bereid was om te help. Meneer se hande staan vir niks verkeerd nie! Elke IGO-leerder kan sê dat Meneer Stoman een van hul gunstelinge was. Meneer is ‘n legende! Mag Meneer lekker rus en die nuwe lewensfase saam met juffrou Stoman geniet. Mag goedheid, guns en gesondheid Meneer vergesel. Totsiens, Meneer Stoman!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *