Uncategorised
KRIEKET: BD’s dogterskrieket kook!
HSB se o/19 dogterskrieketspan het gister tuis teen Groenberg Sekondêr gespeel en met 17 lopies gewen!
Groenberg wen die loot en besluit om eerste veldwerk te doen. BD’s teken 108/6 in 20 beurte aan.
Beste kolwers: Junicke Newman 27* en Cailin Coad 5.
Tydens die BD’s se boulbeurt, kon Groenberg slegs daarin slaag om 91/9 in die 20 beurte aan te teken.
Beste boulers: LZ du Toit 3/9 (3) en Fayannette Kruger 3/10 (4).
Baie geluk, meisies!