TROLLEY DASH AT CHECKERS

Fiola Cupido (Gr12-BD), het op Dinsdag, 23 Mei 2023, blitsig deur die gange van Checkers gespoed om soveel as moontlik produkte in haar trollie te laai. Fiola is aangewys as die tweede wenner van Hoërskool Bredasdorp se Trolley Dash-kompetisie. Sy het daarin geslaag om ‘n allemintige R990,00 se kruideniersware binne ‘n minuut in te laai. Haar ouers het beslis rede om te glimlag oor hierdie lekker meevallertjie. Baie dankie aan mnr. Cedrick Zieff, bestuurder van Checkers, vir hul betrokkenheid. Danksy hul ruimhartigheid is hierdie bedrag ‘n skenking aan die BD’s. Checkers se betrokkenheid by Hoërskool Bredasdorp word beslis waardeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *