JEUGSKOU

Sewe van ons leerders het vanaf 1 tot 4 Oktober aan die nasionale jeugskou in Clanwilliam deelgeneem. Ons BD’s het die volgende plekke verower: Ruan Temmers: Tweede plek as skouman en ‘n algehele brons medalje vir die perde klas. Helena Kriel: Eerste plek as skouman en ‘n algehele goue medalje vir suiwelbereiding. Willem Strauss: Vyfde plek as skouman en ‘n 5de plek algeheel vir suiwelbereiding. Nina Terblanche: Vyfde plek algeheel vir kulinêre kuns. Marisca Fourie: Tweede plek as skouman en ‘n algehele silwer medalje vir die wedvlug duiwe. Anja Swift en Karla Bailey het ongelukkig geen posisie verower nie. Vir ‘n afsluiting het van ons leerders ook ‘n teeproe by Ou Huis Rooibostee gedoen om meer oor die proses van teeboerdery te leer. Dit was ‘n ongelooflike ervaring vir elkeen van ons BD’s gewees. Ons is baie trots op elkeen van julle wat deelgeneem het. Die WP-span, waarvan ons BD’s deel was, wen ook die SA nasionale jeugskou trofee!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *