REDENAARS

Helena Kriel (gr 11) en San-Mari Rossouw (gr 10) was onderskeidelik die goue en silwer medaljewenners van die Skeepswrakmuseum se jaarlikse Redenaarskompetisie op 23 Mei. Op 13 Oktober het hul voorts aan die volgende rondte van die Overberg/Overstrand Museums Redenaars-kompetisie gaan deelneem. Altesaam 15 redenaars (drie verteenwoordigers van vyf museums) moes sake uitspook op verbale gebied. Hierdie twee BD’s het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Ons is voorwaar trots op hulle. Op die foto is me Liezel van Schalkwyk, vakhoof Afrikaans, saam met San-Mari (links) en Helena.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *