VERRYKINGSESSIE AFRIKAANS HUISTAAL

Agtien gr 12 BD’s het op 14 Oktober hul Saterdag opgeoffer om ‘n verrykingsessie (“High-flyer-programme”) vir Afrikaans Huistaal by te woon. Dit was ‘n gulde geleentheid vir die top presteerders in hierdie vak om hul kennis op te skerp voor die Nasionale eindeksamen eersdaags ‘n aanvang neem. Hulle het die voorreg gehad om by ervare opvoeders en vakadviseurs onderrig te kry. Die kurrikulumadviseur vir die Overberg Onderwysdistrik, het spesiale vermelding gemaak van die gr 12 BD’s se entoesiastiese samewerking en mooi gedrag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *