HIEP HIEP HOERA

Uit-ein-de-lik is die eindeksamen klaar! Uitroepe van vreugde het opgeklink toe HSB se 90 matrikulante vanmiddag die eksamenlokaal vir oulaas verlaat het. Groot was hul verbasing toe hul ouers en opvoeders hulle buite die saal ingewag het om in hierdie kosbare oomblik in hulle lewens te deel. Nou wink die wye wêreld vir hulle. Vlieg hoog, BD-matriekklas van 2023

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *