SKRYFKOMPETISIE

Malienke van Wyk (gr 9) is aangewys as die wenner van die hoërskoolafdeling (gr 8-12) vir die kategorie Kortverhale in die ATKV Thabazimbi se skryfkompetisie. Bekende jeugskrywer, Carla van der Spuy, het opgetree as beoordelaar en was baie beïndruk met Malienke se kortverhaal. In ‘n stemboodskap het sy gemeld dat dit een van die beste kortverhale van ‘n hoërskoolleerder was wat sy nog moes beoordeel. Malienke het ook ‘n getekende kopie van haar jeugroman, Gangster, ontvang. Ons is voorwaar trots op hierdie aspirantskrywer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *