Uncategorised
JUKSKEI
Markus de Villiers, graad 11, het van 8 – 13 Desember 2023 vir die Kaapse Wynland Elite Seunsspan aan die Suid-Afrikaanse Jukskei-kampioenskappe in Kroonstad deelgeneem. Daar was 10 o/19-spanne. Die Kaapse Wynlandspan het hulle ouderdomsgroep gewen. Markus het ook saam met sy spanmaat die dubbelskampioenskappe gewen.
Op die foto verskyn Markus heel regs, saam met sy spanmaat en afrigter.