ATLETIEK

Ten spyte van donderstorms en vroeg opstaan het vanjaar se interskole goed afgeloop. Al het Hermanus met die Ateletiek- Sangbekers weggeloop, het die BD-atlete steeds pragtig presteer en spog die BD’s met vier bekers vir Beste prestasie per ouderdomsgroep asook ‘n Spantrofee wat deur die o.14-seunsspan verower is. BEKERS Do.14 Alicia Mukaratirwa 200m, 28.00s So.14 Luke Gabriels 100mH, 16.50s Do.17 Junicke Newman 100m, 13.19s So.17 Aden Payne 3000m, 9:36.40s SPAN So.14 105 punte Baie dankie ook aan mnr Christopher van Niekerk (Hoof: Sport) wat verantwoordelik vir al die reëlings was. ‘n Groot dankie aan elke personeellid, ouer, ondersteuner en enige ander persoon wat betrokke by Interskole 2024 was. Baie dankie Hoërskool Hermanus vir jul gasvryheid. Hoërskool Hermanus High School Overberg Wealth and Risk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *