Uncategorised
ATLETIEK
Ten spyte van donderstorms en vroeg opstaan het vanjaar se interskole goed afgeloop. Al het Hermanus met die Ateletiek- Sangbekers weggeloop, het die BD-atlete steeds pragtig presteer en spog die BD’s met vier bekers vir Beste prestasie per ouderdomsgroep asook ‘n Spantrofee wat deur die o.14-seunsspan verower is.
BEKERS
Do.14 Alicia Mukaratirwa 200m, 28.00s
So.14 Luke Gabriels 100mH, 16.50s
Do.17 Junicke Newman 100m, 13.19s
So.17 Aden Payne 3000m, 9:36.40s
SPAN
So.14 105 punte
Baie dankie ook aan mnr Christopher van Niekerk (Hoof: Sport) wat verantwoordelik vir al die reëlings was.
‘n Groot dankie aan elke personeellid, ouer, ondersteuner en enige ander persoon wat betrokke by Interskole 2024 was.
Baie dankie Hoërskool Hermanus vir jul gasvryheid.
Hoërskool Hermanus High School
Overberg Wealth and Risk