VALENTYNSBAL 2024

Wat spel rooi harte, vrolike ballonne, ‘n mooi getooide skoolsaal, jongdames, sjarmante jongmanne en hope energie? Die BD’s se jaarlikse valentynsbal, natuurlik. Vanjaar het die aand afgeskop met die gr 8-nuwelinge wat, gewapen met hulle besemstokke en oorgenoeg entoesiasme, die eerste uur saam met die matrikulante kon bywoon. Al was hul eerste amptelike hoërskoolsokkie net ‘n uur lank vir dié groentjies, het hulle dit verskriklik geniet. Daarna het die glansaand aan die gr 9 tot 12-BD’s behoort. Die feit dat die dansbaan die ganse aand omtrent stampvol was, wys dat vanjaar se matriekraad, onder leiding van mee Estelle Genis en Eloïse du Plessis, hulle uitstekend van hul taak gekwyt het. Die BD’s het definitief geen tekort aan gees nie. Hulle wéét hoe om die lewe te geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *