OUTENIQUA SPORTFEES

Ons o/19A-rugby- en netbalspan het gister aan die Outeniqua Sportfees in George deelgeneem. Daar was skole van regoor die land en die kompetisie was baie sterk. Die netbal het drie wedstryde gespeel: verloor vs Outeniqua 12-25 verloor vs Framesby 12-30 wen vs Langenhoven Gim 21-19 Die rugbyspan het teen Pearson te staan gekom en ongelukkig 7-71 verloor. Hierdie was ‘n goeie geleentheid om harde lesse te leer, spankombinasies te toets en genoeg speeltyd te kry voor die seisoen begin. Sterkte met die seisoen wat voorlê!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *