Uncategorised
OUTENIQUA SPORTFEES
Ons o/19A-rugby- en netbalspan het gister aan die Outeniqua Sportfees in George deelgeneem. Daar was skole van regoor die land en die kompetisie was baie sterk.
Die netbal het drie wedstryde gespeel:
verloor vs Outeniqua 12-25
verloor vs Framesby 12-30
wen vs Langenhoven Gim 21-19
Die rugbyspan het teen Pearson te staan gekom en ongelukkig 7-71 verloor.
Hierdie was ‘n goeie geleentheid om harde lesse te leer, spankombinasies te toets en genoeg speeltyd te kry voor die seisoen begin.
Sterkte met die seisoen wat voorlê!