KRIEKET: BD’s dogterskrieket kook!

HSB se o/19 dogterskrieketspan het gister tuis teen Groenberg Sekondêr gespeel en met 17 lopies gewen! Groenberg wen die loot en besluit om eerste veldwerk te doen. BD’s teken 108/6 in 20 beurte aan. Beste kolwers: Junicke Newman 27* en Cailin Coad 5. Tydens die BD’s se boulbeurt, kon Groenberg slegs daarin slaag om 91/9 in die 20 beurte aan te teken. Beste boulers: LZ du Toit 3/9 (3) en Fayannette Kruger 3/10 (4). Baie geluk, meisies!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *