IMAGINE 2024

#imagine 2024 – ‘n Ontmoeting met Christus Tien jaar gelede het die #imagine-beweging hulle ontstaan gevind met inspirasie uit Efesiërs 3:20: “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to His power that is at work within us.” Van 21 – 23 Maart het 2 170 jongmense van 121 dorpe en 371 verskillende kerke vir #imagine2024 in Bredasdorp in die Wes-Kaap en Bothaville in die Vrystaat bymekaar gekom. Hulle is vergesel deur 196 vrywilligers en 228 groepleiers. Dit was ‘n vreugde en ‘n voorreg om te sien hoe oor ‘n 1000 tieners vlerke aan hulle verbeelding gee om op ‘n ontdekkingsreis met Jesus Christus te gaan. Hierdie belewenis gee aan ons hoop vir die toekoms en ons land. -Ds Karlie Liebenberg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *