Sluitingsdatum 13 Desember 2024
Category Archives: Uncategorised
Contact Dot 062 132 0807 for tickets/details
Tydens die gala-aand van Ink (jaarlikse skryfwedstryd van Bloemfontein Skrywersvereniging) op 9 November in Bloemfontein, is aangekondig dat Malienke van Wyk (gr 9) se kortverhaal opgeneem is in Inkspraak 5. Nóg ‘n groter vreugde is dat sy, uit 146 kortverhale, ‘n skitterende vierde plek vir Jeugliteratuur behaal het. Ons is opreg trots op hierdie puik […]
Die skool is in Augustus vir twee dae deur ‘n onafhanklike SEA (School Evaluation Authority) geëvalueer. Mnr Retief het op Saterdag, 23 November, ‘n toekenning van die provinsiale Minister van Onderwys, mnr David Maynier, vir die skool se uitstekende evaluasiepunte, ontvang. Op die foto is mnr Retief saam met die waarnemende skoolhoof van Laerskool Swellendam […]
Baie dankie aan elkeen wat die HSB Familie-Duinedag bygewoon het. Elkeen teenwoordig het die dag baie geniet en sien uit daarna om dit volgende jaar weer te doen. Mnr Hannes van der Merwe van VANVENTURES SA het die roete uitgewerk en verskeie VANVENTURES-pryse aan deelnemers oorhandig. Ons wil graag die volgende persone en instansies bedank: […]
Die graad 10-leerders het klere ingesamel as deel van HSB se gemeenskapsprojek. Hulle het dit vanoggend by die ACVV afgegee. Baie dankie vir julle omgee harte! Op die foto is Palesa Namise (links) en Evah Meyer saam met die ACVV-verteenwoordiger.
NSS-VRAESTEL MERKERS Hoërskool Bredasdorp spog vanjaar met 7 NSS-nasieners! Hierdie onderwysers sal gedurende Desember die graad 12-nasionale eksamenvraestelle in Kaapstad nasien. Ons is bevoorreg om hulle as onderwysers by die skool te hê. Dankie vir jul groot opoffering en toewyding aan die leerders. Ons waardeer julle!









