Ons briljantjies dans lekker saam met die matriekraad. So skep ons herinneringe en los VOETSPORE…
Category Archives: Uncategorised
Dis net die begin…
Ons bars nog steeds van trots oor ons puik matriekuitslae. Baie dankie aan elke matriekleerder van 2024 vir julle harde werk en toewyding. Julle los diep VOETSPORE. Ons is trots op elkeen van julle. Baie sterkte met julle pad vorentoe.
Die matriekraad het hulle uitstekend van hul taak gekwyt met die verwelkoming van ons Graad 8’s. Baie dankie vir julle harde werk, trots en entoesiasme. Julle is ‘n voorbeeld van ons jaartema: VOETSPORE.
Ons nuwe Graad 8’s het ‘n besige eerste week agter die rug! Hulle het ‘n heerlike kamp gehad waartydens hulle die matriekraad en mekaar leer ken, konsert gehou, berg geklim en baie gelag en geleer het. They were also welcomed at their first high school assembly. Gister was hulle eerste Kleure-atletiek by die hoërskool. Ons […]
Baie welkom aan die nuwelinge wat in 2025 by die BD-wenspan aansluit. Ses opvoeders en ‘n studentonderwyser raak deel van Hoërskool Bredasdorp. Mag julle mooi spore trap.








