Van ons graad 8-leerders het vanoggend ‘n voorsmakie rakende “Robotica” en “Coding” gekry en wat dit behels. Meneer Cook het met die leerders verskeie eksperimente gedoen. Hierdie voorsmakie is gedoen om opwinding vir volgende jaar te kweek, om leerders se nuuskierigheid te prikkel en belangstelling te ontwikkel.
Category Archives: Uncategorised
Liewe BD-Ouers, Lees asseblief die onderstaande inligting rakende EDUvelopment en raak asseblief betrokke! Hierdie is ‘n goeie geleentheid om u kind die beste kans op persoonlike toegang tot die A-Z van Beroepsvoorligting te gee.
Baie geluk!
Baie sterkte aan die klein BD’s wat vandag aan die Top Skole in Kuilsrivier deelneem. Ons hou duimvas! Laerskool Bredasdorp Primary
HSB is besonder trots op Helena Kriel, gr 10, wat gekies is om in September in Gauteng aan die landsfinale van die Interskole Redenaarsliga haar woord gestand te gaan doen. Sy is een van slegs 16 gr 10-sprekers landwyd, waarvan slegs twee Wes-Kapenaars is (Bloemhof Hoër Meisieskool en Hoërskool Bredasdorp), wat gekies is vir die […]
Die volgende BD’s is gekies om Overberg tydens die Interdistriktetoernooi te verteenwoordig. Die toernooi vind van 14 tot 17 Julie in Wellington plaas. Ons is trots op elke netbalspeler! Agter v.l.n.r.: Lara du Plessis, Mia Swart, Kiara Stevens, Adéle Venter, Somé Louw en Elmarie Vermeulen. Voor v.l.n.r.: Junicke Newman, Neesha Marais, Mieke Saayman, Minke Terblanche, […]










