Dankie aan elke pa, oupa, oom of broer wat as ‘n pa-figuur vir ons BD’s optree!
Category Archives: Uncategorised
Baie geluk Madeline.
Deon Harmse (gr 10) en Remi Mostert (gr 12) is twee BD-skaakspelers met wie daar beslis rekening gehou moet word. Beide spelers is opgeneem in die Overberg Federasie skaakspan, Deon in die O.18-span en Remi in die O.20-span. Die span sal vanaf 1 tot 3 Julie, in Caledon, aan die WP Rural Cup deelneem. Geniet […]
Hoërskool Bredasdorp is baie trots op twee graad 12’s, Janco Fourie en Liezel van der Mescht, wat as ‘n span na die 2de rondte van die UCT Wiskunde Olimpiade deurdring. Sterkte met jul volgende deelname!
Baie geluk Elza.
Anneke Snyman wat in 2012 gematrikuleer het, is in die Suid-Afrikaanse span ingesluit wat aan die Commonwealth Spele in Birmingham later vanjaar gaan deelneem. Anneke verteenwoordig Suid-Afrika in rolbal. Ons, as haar alma mater, is ongelooflik trots op haar. Harde werk word beslis betoon. Ons hou jou dop en ondersteun jou al die pad. Bring […]
HSB is baie trots op Fortune Goni wat vir die Boland O.16-rugbyspan gekies is. Hierdie span neem gedurende die vakansie aan die Grant Khomo-rugbytoernooi, in Kimberley, deel. Baie geluk, Fortune! Hou die BD-naam hoog.
Kom ondersteun ons aand ten bate van die 5-a-side Astro! Skakel Mnr Christopher van Niekerk
Baie geluk aan Naide April wat vir die Boland O.18B-rugbyspan (Akademiespan) gekies is. Hierdie span neem in die vakansie, in Rondebosch, aan die Akademieweek deel. Ons glo hierdie ervaring gaan vir Naide nie net ‘n genot wees nie, maar ook ‘n waardevolle leerskool. Ons is baie trots op jou, Naide!









