Monthly Archives: August 2021
Baie geluk aan elkeen!
Elza de Kock verwerf Wes-Kaap half erekleure vir die Top 8 posisie wat sy by die SA Vlak 3 Kampioenskappe in Oudtshoorn behaal het gedurende die 2020-2021 swemseisoen.
Baie dankie aan mnre Fasie Fourie wat 1 skaap geborg het en Overberg Speciality Foods (mnr Dian Giliomee) wat 3 skape geborg het. Ons dank ook aan diegene wat skaapskenkings anoniem gemaak het. U betrokkenheid het van hierdie projek ‘n reuse sukses gemaak. Ons glo die wenners sal hul pryse geniet!
Hoërskool Bredasdorp is opreg dankbaar vir die borge aan ons seuns- en dogtershokkiespanne. Baie dankie vir die hokkieklere en-sakke! (sien foto’s). Die borge is: Rola Toyota (Andries de Villiers) Du Plessis Boerdery/Botswana (Pieter du Plessis) Tip of Africa Construction (Jaco Louw) LBF Prokureurs (Stefan Fourie) Jebo Connect (Willem Steenkamp) Chas Everitt (Strepies van Wyk en […]
Ons projek was ñ reuse sukses en het ñ totale bedrag van R124 520.00 ingesamel. Dankie vir almal se bydrae tot die projek. Kyk die video om te sien wie was ons pryswenners!!! Baie geluk aan elkeen!!
Die BD-susters Zoë Louw (gr 11) en Somé Louw (gr 9), asook Anna Pretorius (gr 10) en Suzanne Pretorius (gr 😎 het gedurende die wintervakansie hul dramatalent uitgeleef deur deel te neem aan die Nasionale Dramaweb SA kompetisie, wat aanlyn plaasgevind het. Zoë en Anna het in beide die Afrikaans en Engelse afdelings deurgedring tot […]
Die graad 12 BD’s het vandag “land art” gemaak. Hierdie graadgroep, onder leiding van mee Aliesha Odendaal, Nuwie van der Walt en mnr Tiaan Diedericks, is beslis ‘n bedrywige klomp. Hul temas was: 12 A: Mister know it ALL 12 B: The obstacles in life 12 C: Moet nooit dat jou planne opraak nie
Die BD’s se dansgroepe het uitstekende uitslae behaal by die onlangse Wes-Kaap Danseisteddfod. Baie dankie aan hul bekwame instrukteur, mnr Marlon Olivier. Hierdie uitmuntende prestasies maak HSB baie trots. Die groepuitslae is as volg: WES-KAAP DANSEISTEDDFOD: NOVICE Groups : HIP-HOP- Goud 90% CONTEMPORARY- Goud 90% INTERMEDIATE groups: HIP-HOP- Goud 87% CONTEMPORARY- Cum 95% ADVANCED groups: […]
- 1
- 2