AURUM-TOEKENNINGS – INTEGRITEIT Baie geluk aan elke ontvanger van ‘n Aurum-toekenning in die onderskeie afdelings. Marnel Retief (gr 12), Adéle Venter (gr 11), Elza de Kock (gr 10), Somé Louw (gr 9), Mieke Saayman (gr 8)
Monthly Archives: October 2021
Heldersig Koshuis se hoof- en onderhoofleiers vir 2022 is v.l.n.r Henry Dunn (onderhoofseun). Ida Marsh (onderhoofdogter), Anja Swift (hoofdogter), Bertus de Jager (hoofseun). Sterkte met die groot taak wat op jul wag.
Baie geluk aan die BD hoof en -onderhoofleiers van 2022! Ons wens jul sterkte toe met die belangrike taak wat vir jul wag. Vlnr: Janco Fourie (hoofseun), Zoë Louw (hoofdogter), Elmarie Vermeulen (onderhoofdogter), Janru Retief (onderhoofseun)
Minke Terblanche en Junicke Newman het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap 0.14 Netbalproewe. Hul was deel van vyf Overbergnetbalspelers wat genooi is na die proewe vir die Summer Games. Ons is baie trots op die twee BD’s.
Tydens Oktober het vyf van ons leeders Wes-Kaap by Eskom se 41 ste Wetenskap Expo, verteenwoordig. Hulle het Suid Afrika verteenwoordig by Taiwan se Internasionale EXPO. Meer as 1000 projekte uit 9 lande het deelgeneem. Die BD’s het die volgende prestasies behaal: Silwer: Minke du Toit en Lohann Fourie Juan Ferreira en Thomas Fourie Goud: […]
Baie dankie aan almal wat die Argus4Astro ondersteun het. Baie geluk aan John Dunn en Dian Fourie met hul eerste Cape Town Cycle Tour. Baie geluk ook aan mnr. Retief wat sy een-en-twintigste Argus voltooi het. Voorwaar ʼn prestasie!
Karla Bailey het ʼn mooi vyfde plek gekry by die Maakit Mooi Elim 5km Fun Run. Haar pa (Roger Bailey) het deelgeneem aan die bergfiets wedren. Karla se ma, Jacinda, is ʼn trotse oud-leerder van HSB.
Baie geluk aan Minke Du Toit wat uitstekend gevaar het in die Maakit Mooi Elim, bergfiets wedren, oor 34km. Minke en haar pa (Pieter du Toit) was onderskeidelik derde en vierde. HSB is trots op julle!