ATLETIEK: Boland Kampioenskappe

Tristan Tayob en Caitlin Olivier het die afgelope naweek by die Boland Kampioenskappe gewys dat hul atletiekskoene ten spyte van Covid nog stewig pas! Tristan het ‘n goue medalje in the M/19 110m Hekkies met ‘n tyd van 16.08s verower. Caitlin het haar slag in die 100m (6de plek, 13.72s) en die 400m (4de plek, 63.30s) gewys. Beide is in die Bolandspan opgeneem. Hulle neem eerskomende naweek aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Groenpunt deel. Ons hou beslis vir hierdie twee BD’s duime vas!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *