KRIEKET: 0/15-span teen Swartberg Sekondêr

KRIEKET: HSB se 0/15 Krieketspan het teen Swartberg Sekondêr op Caledon gespeel. Die BD’s het eerste geboul en Swartberg beperk tot 84 vir 6 in hulle 20 boulbeurte. Brady Mentoor het in die veld geskitter en het 3 vangskote geneem. Beste boulers was Llewellyn Gabriels (2-22) en Rieghard Roos (2-28) in hulle 4 boulbeurte. HSB het die lopies in 13 boulbeurte gekry vir ‘n maklike oorwinning met 7 paaltjies. Rieghard Roos 25* en Alexander Janse van Vuuren 17* was die beste kolwers op die dag.

Leave a Reply

Your email address will not be published.