Hoërskool Bredasdorp – Graanprojek 2021/2022

Ons wil baie dankie sê aan elke boer en familie wat ‘n skenking gemaak het vir ons projek. Ons kan met hierdie fondse ‘n groot deel bydra tot ons 5-a-side Astroprojek. Elke bydrae word opreg waardeer! Daar was baie goeie pryse op die spel tydens ons ‘Lucky Draw’. Elke ton wat geskenk was, was een ‘n inskrywing. Dankie aan elke maatskappy of instansie wat ‘n prys geborg het. Sonder julle sou hierdie projek nie so goed gevaar het nie. Die pryse wat geborg was, is soos volg: – Stanley Outdoor cooler geborg deur Agrimark – Leatherman Skeletool geborg deur Awesome Tools – Skaapwol pantoffels geborg deur Stander Bende – Moka Express, koffiefilter en ‘travelling mugs’ geborg deur Bialetti Suid-Afrika Baie dankie aan Fred Eksteen wat ons bemarker van die projek was. Hy het elke boer besoek en die projek aan hul bekend gemaak. Baie dankie vir die moeite en tyd wat u daaraan spandeer het. Mnr Eksteen het aan elke boer ‘n graanemmer vol lekkernye gegee . Dankie aan elke persoon wat die lekkernye geskenk het en bygedra het sodat elke boer tydens die oestyd iets kon geniet. Ons het Vrydagoggend, 13 Mei, ‘n heerlike dankie sê ontbyt gehad by Mozarts saam met ‘n paar boere wat bygedra het tot ons projek. Pryse was oorhandig en dit was ‘n suksesvolle oggend. Ons waardeer almal wat ‘n bydra lewer om hierdie 5 – a-side astrobaan realiteit vir ons skool te maak. Kom kyk gerus by ons op die terrein hoe die projek vorder asook op ons webtuiste by www.hsbredasdorpastrofund.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *